TUISBLAD


English

 

As lidmate van die NGK-familie is ons almal SAAM geroep

tot DIENS en GETUIENIS in en vanuit Afrika.

 

Hierdie week fokus ons op STRAATWERK  (http://straatwerk.org.za/)

Hulle benodig dringend tweedehandse handdoeke, seep en sjampoe. Dit is ten bate van een van die vele Ophelp-dienste wat hulle lewer, naamlik om vir enige iemand wat haweloos is gratis te kan laat stort. ‘n Ou badhuis in die Bo-Kaap is tot hulle beskikking gestel en by die 2500 stortbeurte word per maand geneem.  

Kontak Fourie Truter by fourie@straatwerk.org.za vir meer inligting.

 Foto: Charlotte January (met die geel hemp) bestuur die stortgedeelte van die Depot en het self op straat beland voordat sy 10 jaar terug by Straatwerk uitgekom het. Sy bly vandag in haar eie “Wendy” huis in Mitchells Plain.

Febr 2017

 

Lees meer op ons facebook by:

Facebook