FTS (Fishers, Trainers and Senders)

FTS voltydse werkers en vrywillige werkers 'n week van gebed gehad het vir die werk van 2012.

Louise Laubser met voltydse en vrywillige werkers.

Klik hieronder en lees meer

 

Louise Laubscher is die direkteur van hierdie bediening en werk saam met 16 voltydse  werkers waarvan 7 voltyds in Nkhoma en 1 in Nkhotakota geplaas is. Daar is 35 vrywillige werkers. Sy werk vanaf Lilongwe as basis en is nasionaal betrokke by afgeleë plattelandse gemeenskapsbedieninge in die distrikte van Nkhoma, Malingunde, Dedza: Lobi en Mtakataka, Kasungu, Nkhotakota, Nkhata-bay, Ntchisi en Blantyre.

Die bediening sluit onder andere ’n vierjaar-dissipelskapkursus aan gewone lidmate in, wat verder gekomplimenteer word met toerusting in kinderbediening, Bybelstudiegroepe, gemeentetoerusting, ens. Hulle het in samewerking met EAM (Evangelical Association of Malawi) die hele Nuwe Testament in die Tonga-taal opgeneem en dit is nou beskikbaar as die Tonga Talking Bible. Omdat hulle baie betrokke by gemeenskapswerk is, werk hulle ook nou saam met veral die Hoofmanbediening onder EAM.

Hulle het ook in November 2015, oor die 200 Bybelstories vertaal in die Kyangonde taal wat in die Karonga Distrik gepraat word. Dit is nog in die proses om op Audio Bybels geplaas te word vir verspreiding. 

KONTAK

Louise Laubscher
+265 888 309 654
Whatsapp:  +277 679 514 03
agogolouise@gmail.com