HEFSIBA

Studente voor HEFSIBA

HEFSIBA se hoofingang.

Klik hieronder en lees meer:

 

In 1994 het ds Wessel Bester ’n Bybelskool op Vila Ulónguè begin. Ds. Manie Taute het later by hom aangesluit as die eerste rektor van die latere Hefsiba ISC (Instituto Superior Cristão – Instituut vir Christelike Hoër Onderwys). Tien jaar later het dit universiteitstatus in Mosambiek verwerf met dr Kruger du Preez as die eerste akademiese direkteur. Tans bestaan dit uit drie fakulteite, naamlik Teologie, Psigologie en Ekonomie met ds Manasse Matiquele as die rektor.  In 2016 is ‘n verdere twee satelietkampusse op Milange en Mocuba gevestig waar Ivan Steven die leiding neem.

Die volgende kursusse word aangebied:

  • ’n Evangelis-sertifikaat (een jaar)
  • ’n Teologie-sertifikaat vir die vroue van teologie-studente (drie jaar)
  • ’n Teologie-diploma (drie jaar)
  • ’n Teologie-graad met honneurs (vier jaar)
  • ’n Sielkunde-graad (Christelike berading) met honneurs (vier jaar)
  • ’n Honneursgraad in Ekonomie en Bestuur (vier jaar)
  • ’n Meestersgraad in Teologie

 

Impak op die gemeenskap

Oor die jare het die teologiese skool predikante aan die Mphatso- en Thumbini-sinodes voorsien en hulle ook gehelp om verder in hulle bediening te ontwikkel. Die ander, nie-teologiese opleiding is ook van groot nut vir die gemeenskap van Mosambiek.

Die fokus is op die vorming van waardegedrewe leierskap.

 

KONTAK


Ivan  Stevens
+258 824752916
ivandstevens@gmail.com