Makhathini

Makhathini-kaart (2)

Makhathini

Klik hieronder en lees meer

 

 

Die VGK Makhathini

Die VGK Makhathini-gemeente bestaan tans uit sowat 700 lidmate met 22 bedieningspunte. Die predikante en evangeliste wat huidig in hierdie gebied werk, is di. Dalisu Kunene en Louwrens van der Westhuizen, ev. Joseph Gumede, kinderevangelis Themba Mahlangu, geestelike werkers Zaheus Ngwenya, Bheka Manzuni, Bonginkosi Mtembu, en Lungani Mandlakazi wat maatskaplike dienste lewer.

Waar werk ons?

In die gemeente is daar 22 preekpunte, wyd uiteengestrek en op verafgeleë plekke. Daar word egter elke Sondag ‘n erediens by elke punt gehou. In totaal kom tot 400 mense so saam op ‘n Sondag.

 

Wat doen ons?

  • Lidmate en kerkraadslede word gereeld opgelei en toegerus met kursusse.
  • Evangelisasie-veldtogte twee maal per jaar.
  • Kinder- en jeugbediening kry gefokusde aandag.
  • Gemeenskapsprojekte soos ’n gemeenskapstuin by Othobothini, vier kleuterskole, ’n voedingsprojek, ’n landbouprojek naby KwaNgwanase,  volwasse geletterdheidsklasse, opgeleide sorgwerkers.

 

Bydraes word aangewend vir:

  • Die salarisse van die leraars, evangeliste en jeugwerkers;
  • Onderhoud van die pastorie by Ngwanase;
  • Die hou van veldtogte;
  • Water, ligte en huishuur by Jozini;
  • Kleuterskole;
  • Leierstoerusting.

 

Impak:

Deur middel van u bydraes word die gemeente van Makhathini bemagtig om ‘n werkende infrastruktuur in stand te kan hou sodat die werk van die Here so effektief moontlik kan voortgaan. Goedopgeleide leraars en geestelike werkers kan bekostig word om die gemeente te bedien, leiers op te lei, veldtogte te hou en kleuterskole in stand te hou. 

 

KONTAK

Louwrens van der Westhuizen
082 516 4437
weshuis7@gmail.com