Mediese Dienste

 

Family plan

Die Mobiele Kliniek help met gesinsbeplanning.

 

Klik hieronder en lees

 

As jy op ’n Maandag, Woensdag of Vrydag op Vila Ulóngùe in Mosambiek aankom, sal jy vroeg reeds die Mobiele Kliniek sien wat ingepak word om die dag se besoeke te gaan bring.

Die voertuig, wat deur die Vroue-diens en ’n groep uit Kanada en Holland moontlik gemaak is, is baie bedrywig. Die plakkers op die deur en neus van die voertuig getuig in Portugeus en Chichewa “God is lief vir jou, Jesus red en genees.” Aan weerskante van die voertuig staan daar ook “Geskenk deur Christene van Kanada, Suid-Afrika en Holland.”

Dausse Nthenga is in beheer van die Mobiele Kliniek en baie bekwaam. Sy span bestaan uit Jaluma Johasse en Lucrecia Avora.

Een van hul projekte is die Ooguitreikprogram wat elke jaar in Augustus plaasvind. ‘n Span oogspesialiste en teaterverpleegpersoneel van Suid-Afrika ondersoek dan pasiënte met oogprobleme en doen katarak-operasies. 

 

Impak op gemeenskap

Dausse handhaaf goeie menseverhoudinge, wat ook baie deure by die regering oopmaak. Hulle Mobiele Kliniek besoek tien klinieke en weeg gemiddeld 2 300 kinders per maand en die inent-program is baie goed op datum. Hulle bring ook elke oggend ’n boodskap uit die Bybel aan die mense, wat dit andersins nooit sou hoor nie.  

Die Ooguitreikprogram fokus op die Milange area in die Zambezië provinsie en opereer gewoonlik tussen 60 en 70 mense met katarak-probleme, ondersoek tussen 700 en 800 pasiënte en voorsien ongeveer 200 swaksiendes van brille – en dit in 4 tot 5 dae se tyd!

 

KONTAK

Kobus Odendaal 
021 957 7179
missio@kaapkerk.co.za