Projek Goeie Hoop
Klik hieronder en lees meer:
Projek Goeie Hoop is die voortsetting van die uitreiking na die Moslem-gemeenskap wat destyds deur ds. Jurie Goossen vanuit die NG Kerk Helderberg-gemeente begin is. Dit was destyds ’n gesamentlike projek van die Ring van die NG Kerk Somerset-Wes-gemeente.
Vanaf 2003 is hierdie fokus voortgesit onder die naam Projek Goeie Hoop vanuit die NG Kerk Suider-Strand-gemeente onder leiding van dr. Kobus Cilliers (verbonde aan OMS Internasionaal-organisasie).
Hulle fokus in die Helderberg-kom wat die Strand-, Somerset-Wes-, Gordonsbaai- en Macassar-areas insluit.
Doelwitte
- Om Christene toe te rus oor hoe om wys op te tree teenoor hulle Moslem-naaste;
- Christene met ’n Moslem-agtergrond effektief by te staan, en
- om Jesus te deel met die Moslems na wie ons Hemelse Vader hulle lei.
Raak betrokke
- Woon “Muslim Background Believers” (MBB’s)-byeenkomste by waar Christene meer leer omtrent die behoeftes van MBB’s en Islam as godsdiens;
- Skakel in by die damesgroep wat al oor ’n aantal jare goeie verhoudings opgebou het met Christene vanuit ’n Moslem-agtergrond asook met ’n aantal Moslem-vriendinne.
- Skakel in by die mansgroep wat onder andere huis-tot-huis-besoeke in een van die woongebiede in die Helderberg-kom doen.
KONTAK
Kobus Cilliers021 853 4370 / 082 330 2179
kobus@projectgh.org