Taakspan Afrika Ekumene

Lusaka Julie 2015

Die vergadering van die Leiersforum van ons NG Kerfamilie se susterskerke in Lusaka, Zambië in Julie 2015

Doelwit

Verstewiging van samewerkende verhoudinge met susterkerke

  • Suid van die Sahara,
  • Sentraal – en
  • Suider-Afrika

om vir Christus te dien en te getuig, in en vanuit Afrika.

 

Fokus

Ons fokus hier met die duidelike besef en die uitbou van ons

  • interafhanklikheid (as een liggaam, een familie op weg na een sigbare kerk),
  • ons mede-verantwoordelikheid vir die verkondiging van die evangelie (bv met teologiese opleiding; in verskeie praktiese diens en getuienisprojekte)
  • en vir ons onderlinge hulpverlening aan mekaar (bv gesamentlike visievorming mbt ons getuienistaak in die wêreld; materiële bystand)( vgl riglyn 7.2.2.1).

 

Mede-bestuur en onderhouding

van gevestigde, uitgebreide vennootskapsverhoudinge met en bedieninge van ons susterkerke in Suider-Afrika:

  • RCZ en CCAP Harare in Zimbabwe
  • CCAP Nkhoma in Malawi
  • IRM Mphatso en IRM Tumbine in Mosambiek

 

Ontwikkeling en onderhouding

van vennootskapsverhoudinge met beperkte finansiële bystand en bedieningsondersteuning aan ons susterkerke in Afrika, Suid van die Sahara:

  • NKST in Nigerië
  • RCEA in Kenia

 

Netwerk-interaksie, tans beperkte betrokkenheid

  • RCJ in Japan (via Missie Japan)
  • Geopende Deure in Suid-Soedan (saam met AIC)
  • Free to Serve in Indië en Indo-China

 

Strategiese vennote en mede-werkers

  • NetACT
  • Moz Hub
  • Member Care
  • AS Ekum kantoor
  • VGK AS sekr
  • NGK Vrystaat Kommissie Getuienis
  • VDDG (NGK Familie in Diens en Getuienis)

 

Bestuurder

Kobus Odendaal
021 957 7204
missio@kaapkerk.co.za